Discover

Topics

Maroela Media

Maroela Media version history

‹ General Info
Version 5.5.0
Updated 3 years ago
Changelog Daar is min dinge in die lewe wat jou wenkbroue kan laat lig soos ʼn klavier wat vals is of ʼn kitaar wat nie ingestem is nie. Maar dan roep mens die kenners in en kort voor lank dan sing jy weer saam soos ʼn voëltjie wat vroegoggend wakker word. Jy hoef ook nie meer jou bril nader te sleep om nuus op die app te lees nie, jy kan die letters nou sommer self groter stel. Lekker, Maroela!
Version 5.4.5
Updated 3 years ago
Changelog Op Oupa se plaas moes ons seker maak die donkie word vroegoggend al gestook as ons warm water in die krane wou hê. En hoe meer hout mens gebruik het om die donkie mee te stook, hoe lekkerder was dit om die krane oop te draai. Die tegniese span het spesiaal ekstra hout aangedra en ons glo jou nuus gaan nou sommer vuurwarm op die app beskikbaar wees, niks meer van ʼn gewaggery voor jy weet wat in die land aan’t gebeur is nie. Lekker, Maroela!
Version 5.4.4
Updated 3 years ago
Changelog As jou app soos ʼn langspeelplaat op ʼn spesifieke liedjie vasgehaak het, kan jy nou terugsit en ontspan - ons het die krapmerke verwyder! Die app behoort nou weer klopdisselboom te werk.
Version 5.4.3
Updated 3 years ago
Changelog Die motorwerktuigkundige het ʼn paar onderdele vervang wat gans te tegnies klink om hier te verduidelik.
Ons wil net hê jy moet lekker verder saam met ons kuier!
Version 5.4.2

Version 5.4.1

Version 5.0.7
Updated 4 years ago
Version 5.3.5
Updated 3 years ago
Changelog Terwyl ons in afsondering verkeer weens ʼn wêreldwye pandemie kon ons tegniese span deeglik inklim en ook van ʼn paar ongeskikte virusse op ons app ontslae raak. Probleme met die kennisgewings en jongste nuus wat weggekruip het agter ʼn wit skerm, is nou iets van die verlede.
Version 5.3.3

Version 5.3.2