Discover

Topics

Helpende Hand

Helpende Hand APK

Helpende Hand APK

4.1 FreeHelpende Hand ⇣ Download APK (8.41 MB)

We are a welfare organization based on the principles of the Helpmekaar movement

What's Helpende Hand APK?

Helpende Hand is a app for Android, It's developed by Helpende Hand author.
First released on google play in 54 years ago and latest version released in 3 years ago.
This app has 1K download times on Google play
This product is an app in News & Magazines category. More infomartion of Helpende Hand on google play
Solidariteit Helpende Hand is ’n welsynsorganisasie geskoei op die beginsels van die Helpmekaar-beweging van 1949. Ons fokus is om ʼn antwoord op die Afrikaner-armoedekrisis te vind deur ʼn verskeidenheid van projekte. Ons doen dit deur ons mense se armoede deur middel van onderskeie projekte te verlig, voorkom en te verbreek.

Nagenoeg 80% van ons tyd en bronne word aan die voorkoming van armoede bestee, terwyl die ander 20% tussen die verligting van armoede en die verbreking van die armoedekringloop verdeel word.

Verligting van armoede deur projekte

Helpende Hand het ʼn verskeidenheid van projekte wat daarop gemik is om die swaarkry van behoeftige mense te verlig. Dié projekte sluit die Kosblikkie-, Skooltassie- en #HelpHetta-projek in. Kinders word veral gehelp deur hierdie projekte, deur hulle te voorsien met ʼn daaglikse bord kos, skryfbehoeftes en sanitêre ware.

Die #geeREG- en Ons Mense-veldtogte fokus veral op volhoubare oplossings vir Afrikaners wat in informele nedersettings en ander moeilike omstandighede woon.

Helpende Hand se bejaarde-projekte wil ʼn einde maak aan die eensaamheid en armoede waarin baie van ons land se bejaardes leef.

Verder het Helpende Hand meer as 170 takke landwyd wat ons hande en voete in die gemeenskap is. Hierdie takke bestaan uit vrywilligers wat die nood van Afrikaners in hulle gemeenskappe identifiseer en dit dan binne die raamwerk van Helpende Hand aanspreek.

Voorkoming van armoede deur opleiding

Een van Helpende Hand se grootste fokusse is die opleiding van ons kinders en jongmense om daardeur te keer dat hulle in die kringloop van armoede beland.

Die Studiefondssentrum bied rentevrye studielenings aan jongmense vir tersiêre studies. Tot op hede is daar al 6 981 studente met ʼn totaal van R126 miljoen gehelp.

Waar kom ons geld vandaan?

Helpende Hand het meer as 30 000 ondersteuners wat per debietorder ʼn maandelikse bydrae maak. Ons ontvang geen hulp van die staat nie en is afhanklik van die bydraes van gewone mense om ons projekte te befonds.